Ons Storie

Langeberg Makelaars tot dusver

Langeberg Makelaars bestaan al sedert 2007. Laurika Engelbrecht, oorspronklik vanaf Gauteng en eienaar van haar eie makelary vir baie jare, het eers by ons aangesluit in 2015 as besturende vennoot en hoof verteenwoordiger. Tesame met Stefan van Vuuren as die Sleutel Individu en Esme Belling as verteenwoordiger, het die maatskappy van krag tot krag gegroei oor die periode sedert Laurika se aansluiting. Met ‘n oog op die toekoms spesialiseer ons oorwegend in Korttermein versekering.

Hoe ons groei en die pad vorentoe

By Langeberg Makelaars glo ons dat besighede groei deur verhoudings met kliënte, verwysingsbesigheid en doodgewone boere wysheid. Ons is altyd gretig om nuwe besigheid te werf, maar sal nooit ons kliënte se belange na ons eie plaas nie, aangesien ons fokus op uitstekende diens, kompeterende tariewe an altyd, ‘n waarde-vir-geld aanbieding. Hierdie kultuur is die rede waarom ons groei en steeds aanhou groei – selfs in hierdie taai tye. Ons wil graag die wedersydse lojaliteit tussen ons kliënte en onsself handhaaf en bou. Kontak ons gerus vir ‘n geen-verpligting – gratis kwotasie.

LBM-Email Signature(L)